pixel

MENU

inner page large view
See Purchase Options
Natuurwetenskappe Grade 8 CAPS and IEB Aligned

ALLES WAT JY NODIG HET OM IN JOU EKSAMENS UIT TE BLINK

Visuele opsommings

Diagramme, beelde en grafieke maak ingewikkelde begrippe en inligting maklik om te verstaan en te leer.

Voorbeelde van eksamenvrae

Oefening maak die meester! Raak vertroud met voorbeelde van die eksamenvrae in voorbereiding op die ware Jakob.

Nuttige riglyne vir nasienwerk

’n Begrip van die manier waarop eksamenvrae nagesien word, sal jou help om dit beter te kan beantwoord.

In lyn met CAPS en IEB

Dit maak nie saak watter skool jy bywoon nie, jy sal alles wat jy moet weet in die studiegids kry.

Revision Icon

UITSTEKENDE HERSIENINGSINSTRUMENT

Al die inhoud en vaardighede wat jy vir die eksamens benodig word uitvoerig in jou Ace It! Studiegids gedek. Jy kan teen jou eie pas en in jou tyd deur die jaar se leerplan vorder. Daar is Vinnige Vasvrae na elke afdeling om jou begrip te toets, wat jou beheer gee oor die afdelings waarop jy moet fokus.

Ace It! help jou ook om aan algemene probleemgebiede te slyp, waarvoor jou onderwyser dalk nie die tyd sal hê nie. Eerder as om die gedeeltes oor te slaan wat jy nie heeltemal snap nie, kan jy jou leerwerk self ter hand neem en Ace It! in jou eie tyd gebruik om seker te maak jy kry dit reg.

Jy kan Ace It! dwarsdeur die jaar gebruik om jou skoolhandboek en onderwyser se aantekeninge aan te vul. Andersyds kan jy dit vir hersiening voor die eksamen gebruik. Hoe jy ook al besluit om dit te gebruik, is Ace It! die enigste studiegids wat jy benodig.

BOU ’N STERK WETENSKAPLIKE GRONDSLAG VIR SUKSES

As jy van voorneme is om Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskap as vakke vanaf Graad 10 te neem, sal jy in Graad 8 en 9 in Natuurwetenskappe goed moet vaar. Dit is jou eerste hoërskool jaar, wat dit ’n goeie tyd maak om te verseker dat jy geen gapings in jou begrip van belangrike wetenskaplike en biologiese begrippe het nie. Een van die uitdagendste begrippe in Fisiese wetenskap is byvoorbeeld Werk, Krag en Energie. Talle leerders sukkel met hierdie afdeling omdat hulle nie ’n goeie grondslag daarvoor in Graad 8 gebou het nie, waar Energie en Verandering gedek word. Op soortgelyke wyse sukkel baie Matriek leerders om vrae te beantwoord aangaande die interafhanklikheid van organismes. Die grondslag vir hierdie onderwerp kom in Graad 8 (Die lewe en oorlewing) voor.

Tesame met uitgebreide beskrywings, geëtiketteerde diagramme en vrae, kan jy Ace it! Natuurwetenskappe Graad 8 gebruik om beheer te neem van die manier waarop jy Natuurwetenskaplike begrippe leer en onthou. Ace it! Natuurwetenskappe Graad 8 bevat wenke wat jou sal help om te verstaan hoe om die eksamen te skryf – ’n vaardigheid wat noodsaaklik is vir sukses op hoërskool.

File Icons
File Icons
File Icons

START ACING YOUR EXAMS NOW - SELECT A PURCHASE OPTION

You will require the eduReader application to read ebooks.
You will not be able to print an ebook.


Ander Ace It! katalogusse

Economic and Management Sciences
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
English (FAL)
Mathematics
Wiskunde
Copyright 2024 Ace it! Study Guides | Terms of service