pixel

MENU

inner page large view
See Purchase Options
Tegnologie Grade 8 CAPS and IEB Aligned

ALLES WAT JY NODIG HET OM IN JOU EKSAMENS UIT TE BLINK

Visuele opsommings

Diagramme, beelde en grafieke maak ingewikkelde begrippe en inligting maklik om te verstaan en te leer.

Voorbeelde van eksamenvrae

Oefening maak die meester! Raak vertroud met voorbeelde van die eksamenvrae in voorbereiding op die ware Jakob.

Nuttige riglyne vir nasienwerk

’n Begrip van die manier waarop eksamenvrae nagesien word, sal jou help om dit beter te kan beantwoord.

In lyn met CAPS en IEB

Dit maak nie saak watter skool jy bywoon nie, jy sal alles wat jy moet weet in die studiegids kry.

Revision Icon

UITSTEKENDE HERSIENINGSINSTRUMENT

Al die inhoud en vaardighede wat jy vir die eksamens benodig word uitvoerig in jou Ace It! Studiegids gedek. Jy kan teen jou eie pas en in jou tyd deur die jaar se leerplan vorder. Daar is Vinnige Vasvrae na elke afdeling om jou begrip te toets, wat jou beheer gee oor die afdelings waarop jy moet fokus.

Ace It! help jou ook om aan algemene probleemgebiede te slyp, waarvoor jou onderwyser dalk nie die tyd sal hê nie. Eerder as om die gedeeltes oor te slaan wat jy nie heeltemal snap nie, kan jy jou leerwerk self ter hand neem en Ace It! in jou eie tyd gebruik om seker te maak jy kry dit reg.

Jy kan Ace It! dwarsdeur die jaar gebruik om jou skoolhandboek en onderwyser se aantekeninge aan te vul. Andersyds kan jy dit vir hersiening voor die eksamen gebruik. Hoe jy ook al besluit om dit te gebruik, is Ace It! die enigste studiegids wat jy benodig.

EENVOUDIGE BLAD UITLEG BEVORDER LEERWERK EN MAAK DIE INHOUD MAKLIKER

Tegnologie is ’n interessante en praktiese vak met talle alledaagse toepassings. Ace it! Tegnologie Graad 8 help om die gaping tussen Tegnologie wat op primêre skool onderrig word en Tegnologie op hoërskool-vlak te oorbrug. Die inhoud wat jy in Tegnologie Graad 8 en 9 behandel is die grondslag vir talle vakke vanaf Graad 10 en verder. Daar is in Tegnologie elemente van Fisiese Wetenskap, Geografie, Lewenswetenskappe en selfs Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid. Verder nog leer Tegnologie jou om jou idees op ’n opwindende en duidelike wyse oor te dra – dit is ’n vaardigheid wat jy vir die res van jou lewe kan gebruik!

Ace it! Tegnologie Graad 8 vereenvoudig die verskillende begrippe op maniere wat dit makliker maak om te verstaan, te leer en te onthou. Dit help jou ook om jou idees oor te dra en om die vaardighede te ontwikkel wat benodig word om idees en produkte te ontleed. Vrae wys jou die algemene maniere waarop jou kennis en vaardighede getoets sal word.

File Icons
File Icons
File Icons

START ACING YOUR EXAMS NOW - SELECT A PURCHASE OPTION

You will require the eduReader application to read ebooks.
You will not be able to print an ebook.


Ander Ace It! katalogusse

Economic and Management Sciences
Mathematics
Wiskunde
Technology
Tegnologie
Copyright 2024 Ace it! Study Guides | Terms of service