pixel

MENU

inner page large view
See Purchase Options
Ekonomiese En Bestuurswetenskappe Grade 9 CAPS and IEB Aligned

ALLES WAT JY NODIG HET OM IN JOU EKSAMENS UIT TE BLINK

Visuele opsommings

Diagramme, beelde en grafieke maak ingewikkelde begrippe en inligting maklik om te verstaan en te leer.

Voorbeelde van eksamenvrae

Oefening maak die meester! Raak vertroud met voorbeelde van die eksamenvrae in voorbereiding op die ware Jakob.

Nuttige riglyne vir nasienwerk

’n Begrip van die manier waarop eksamenvrae nagesien word, sal jou help om dit beter te kan beantwoord.

In lyn met CAPS en IEB

Dit maak nie saak watter skool jy bywoon nie, jy sal alles wat jy moet weet in die studiegids kry.

Revision Icon

UITSTEKENDE HERSIENINGSINSTRUMENT

Al die inhoud en vaardighede wat jy vir die eksamens benodig word uitvoerig in jou Ace It! Studiegids gedek. Jy kan teen jou eie pas en in jou tyd deur die jaar se leerplan vorder. Daar is Vinnige Vasvrae na elke afdeling om jou begrip te toets, wat jou beheer gee oor die afdelings waarop jy moet fokus.

Ace It! help jou ook om aan algemene probleemgebiede te slyp, waarvoor jou onderwyser dalk nie die tyd sal hê nie. Eerder as om die gedeeltes oor te slaan wat jy nie heeltemal snap nie, kan jy jou leerwerk self ter hand neem en Ace It! in jou eie tyd gebruik om seker te maak jy kry dit reg.

Jy kan Ace It! dwarsdeur die jaar gebruik om jou skoolhandboek en onderwyser se aantekeninge aan te vul. Andersyds kan jy dit vir hersiening voor die eksamen gebruik. Hoe jy ook al besluit om dit te gebruik, is Ace It! die enigste studiegids wat jy benodig.

STAP VIR STAP VERDUIDELIKINGS EN PRAKTIESE VRAE OM JOU OP DIE EKSAMEN VOOR TE BEREI

Daar is baie inligting om vir Ekonomiese Bestuurswetenskappe in te neem. Ace It! Ekonomiese Bestuurswetenskappe Graad 9 vereenvoudig die inhoud en bied dit op so ’n menier aan dat dit maklik is om te leer, te verstaan en te onthou. Oefeninge word deurgaans gebeid om jou kennis en vaardighede te toets. Dit help jou om jou swak punte te verstaan sodat jy meer tyd daarop kan deurbring.

Sou jy dit oorweeg om Rekeningkunde vanaf Graad 10 te neem, sal jy in Graad 9 moet fokus op die grondbeginsels en basiese kennis van rekeningkunde. Ace it! Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 9 bied stap vir stap verduidelikings en bewerkte voorbeelde om seker te maak jy vorder knap en met vertroue na Graad 10.

File Icons
File Icons
File Icons

START ACING YOUR EXAMS NOW - SELECT A PURCHASE OPTION

You will require the eduReader application to read ebooks.
You will not be able to print an ebook.


Ander Ace It! katalogusse

Afrikaans (FAL)
Mathematics
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Tegnologie
Copyright 2024 Ace it! Study Guides | Terms of service