pixel

MENU

inner page large view
See Purchase Options
Natuurwetenskappe Grade 9 CAPS and IEB Aligned

ALLES WAT JY NODIG HET OM IN JOU EKSAMENS UIT TE BLINK

Visuele opsommings

Diagramme, beelde en grafieke maak ingewikkelde begrippe en inligting maklik om te verstaan en te leer.

Voorbeelde van eksamenvrae

Oefening maak die meester! Raak vertroud met voorbeelde van die eksamenvrae in voorbereiding op die ware Jakob.

Nuttige riglyne vir nasienwerk

’n Begrip van die manier waarop eksamenvrae nagesien word, sal jou help om dit beter te kan beantwoord.

In lyn met CAPS en IEB

Dit maak nie saak watter skool jy bywoon nie, jy sal alles wat jy moet weet in die studiegids kry.

Revision Icon

UITSTEKENDE HERSIENINGSINSTRUMENT

Al die inhoud en vaardighede wat jy vir die eksamens benodig word uitvoerig in jou Ace It! Studiegids gedek. Jy kan teen jou eie pas en in jou tyd deur die jaar se leerplan vorder. Daar is Vinnige Vasvrae na elke afdeling om jou begrip te toets, wat jou beheer gee oor die afdelings waarop jy moet fokus.

Ace It! help jou ook om aan algemene probleemgebiede te slyp, waarvoor jou onderwyser dalk nie die tyd sal hê nie. Eerder as om die gedeeltes oor te slaan wat jy nie heeltemal snap nie, kan jy jou leerwerk self ter hand neem en Ace It! in jou eie tyd gebruik om seker te maak jy kry dit reg.

Jy kan Ace It! dwarsdeur die jaar gebruik om jou skoolhandboek en onderwyser se aantekeninge aan te vul. Andersyds kan jy dit vir hersiening voor die eksamen gebruik. Hoe jy ook al besluit om dit te gebruik, is Ace It! die enigste studiegids wat jy benodig.

UITGEBREIDE BESKRYWINGS en GEËTIKETTEERDE DIAGRAMME VEREENVOUDIG die INHOUD

Selfs al wil jy nie met die wetenskaplike vakke vanaf volgende jaar aangaan nie, moet jy steeds soveel punte moontlik in jou Natuurwetenskappe Graad 9-eksamen behaal. Die Natuurwetenskappe Graad 9 leerplan bevat toepassings in die werklike lewe, en jy hoef nie intimideer te word deur die feit dat dit ’n wetenskap is nie. Alles in ag genome, wat is nié lekker omtrent ’n vak wat jou alles omtrent jou liggaam, die wêreld en ons heelal leer nie? Ace it! Natuurwetenskappe Graad 9 ontsluier Natuurwetenskappe – ons glo, hoe beter jy ’n vak verstaan, hoe meer sal jy dit geniet en hoe beter sal jy in die eksamen vaar!

Ace it! Natuurwetenskappe Graad 9 bevat uitgebreide beskrywings van die inhoud, geëtiketteerde diagramme om jou te help om die begrippe en terminologie te onthou asook eksamenvrae om jou te help om jou kennis toe te pas en jou eksamen vaardighede te oefen.

File Icons
File Icons
File Icons

START ACING YOUR EXAMS NOW - SELECT A PURCHASE OPTION

You will require the eduReader application to read ebooks.
You will not be able to print an ebook.


Ander Ace It! katalogusse

Afrikaans (FAL)
Economic And Management Sciences
Mathematics
Wiskunde
Tegnologie
Copyright 2024 Ace it! Study Guides | Terms of service