pixel

MENU

inner page large view
See Purchase Options
Tegnologie Grade 9 CAPS and IEB Aligned

ALLES WAT JY NODIG HET OM IN JOU EKSAMENS UIT TE BLINK

Visuele opsommings

Diagramme, beelde en grafieke maak ingewikkelde begrippe en inligting maklik om te verstaan en te leer.

Voorbeelde van eksamenvrae

Oefening maak die meester! Raak vertroud met voorbeelde van die eksamenvrae in voorbereiding op die ware Jakob.

Nuttige riglyne vir nasienwerk

’n Begrip van die manier waarop eksamenvrae nagesien word, sal jou help om dit beter te kan beantwoord.

In lyn met CAPS en IEB

Dit maak nie saak watter skool jy bywoon nie, jy sal alles wat jy moet weet in die studiegids kry.

Revision Icon

UITSTEKENDE HERSIENINGSINSTRUMENT

Al die inhoud en vaardighede wat jy vir die eksamens benodig word uitvoerig in jou Ace It! Studiegids gedek. Jy kan teen jou eie pas en in jou tyd deur die jaar se leerplan vorder. Daar is Vinnige Vasvrae na elke afdeling om jou begrip te toets, wat jou beheer gee oor die afdelings waarop jy moet fokus.

Ace It! help jou ook om aan algemene probleemgebiede te slyp, waarvoor jou onderwyser dalk nie die tyd sal hê nie. Eerder as om die gedeeltes oor te slaan wat jy nie heeltemal snap nie, kan jy jou leerwerk self ter hand neem en Ace It! in jou eie tyd gebruik om seker te maak jy kry dit reg.

Jy kan Ace It! dwarsdeur die jaar gebruik om jou skoolhandboek en onderwyser se aantekeninge aan te vul. Andersyds kan jy dit vir hersiening voor die eksamen gebruik. Hoe jy ook al besluit om dit te gebruik, is Ace It! die enigste studiegids wat jy benodig.

INGEWIKKELDE INHOUD WORD VERGEMAKLIK EN MOOI VERDUIDELIK

Dit kom dalk eenvoudig voor, maar die inhoud van Tegnologie Graad 9 kan ingewikkeld wees  insluitend die tekenvaardighede, strukture en al die soorte stelsels. Ace it! Tegnologie Graad 9 is ontwikkel om die inhoud te vergemaklik en dit op só ’n manier aan te bied dat dit makliker is om te leer, te verstaan en te onthou. Stap vir stap bewerkte voorbeelde, uitgebreide diagramme en oefeninge help jou om seker te maak dat jy ’n spesifieke begrip ten volle gesnap het voordat jy aangaan.

Groot gedeeltes van die Tegnologie Graad 9 inhoud is op Fisiese Wetenskap Graad 10 en verder, van toepassing. Dit is dus ’n goeie idee om ’n vaste fondament te bou as jy van plan is om die vak volgende jaar te neem. Selfs al is jy nié van plan om Fisiese Wetenskap te neem nie, is Tegnologie ’n belangrike vak met talle alledaagse toepassings. Hoe dit ook al sy, Ace it! Tegnologie Graad 9 is ’n fantastiese instrument vir hersiening en sal jou help om goeie punte in die eksamen en praktiese assesserings te behaal.

File Icons
File Icons
File Icons

START ACING YOUR EXAMS NOW - SELECT A PURCHASE OPTION

You will require the eduReader application to read ebooks.
You will not be able to print an ebook.


Ander Ace It! katalogusse

Afrikaans (FAL)
Ekonomiese En Bestuurswetenskappe
Wiskunde
Natural Sciences
Natuurwetenskappe
Copyright 2024 Ace it! Study Guides | Terms of service