pixel

MENU

inner page large view
See Purchase Options
Fisiese Wetenskappe Grade 11 CAPS and IEB Aligned

ALLES WAT JY NODIG HET OM IN JOU EKSAMENS UIT TE BLINK

Visuele opsommings

Diagramme, beelde en grafieke maak ingewikkelde begrippe en inligting maklik om te verstaan en te leer.

Voorbeelde van eksamenvrae

Oefening maak die meester! Raak vertroud met voorbeelde van die eksamenvrae in voorbereiding op die ware Jakob.

Nuttige riglyne vir nasienwerk

’n Begrip van die manier waarop eksamenvrae nagesien word, sal jou help om dit beter te kan beantwoord.

In lyn met CAPS en IEB

Dit maak nie saak watter skool jy bywoon nie, jy sal alles wat jy moet weet in die studiegids kry.

Revision Icon

UITSTEKENDE HERSIENINGSINSTRUMENT

Al die inhoud en vaardighede wat jy vir die eksamens benodig word uitvoerig in jou Ace It! Studiegids gedek. Jy kan teen jou eie pas en in jou tyd deur die jaar se leerplan vorder. Daar is Vinnige Vasvrae na elke afdeling om jou begrip te toets, wat jou beheer gee oor die afdelings waarop jy moet fokus.

Ace It! help jou ook om aan algemene probleemgebiede te slyp, waarvoor jou onderwyser dalk nie die tyd sal hê nie. Eerder as om die gedeeltes oor te slaan wat jy nie heeltemal snap nie, kan jy jou leerwerk self ter hand neem en Ace It! in jou eie tyd gebruik om seker te maak jy kry dit reg.

Jy kan Ace It! dwarsdeur die jaar gebruik om jou skoolhandboek en onderwyser se aantekeninge aan te vul. Andersyds kan jy dit vir hersiening voor die eksamen gebruik. Hoe jy ook al besluit om dit te gebruik, is Ace It! die enigste studiegids wat jy benodig.

VRAE HELP JOU OMJOU BEGRIP TE TOETS EN FISIESE WETENSKAP EKSAMENVAARDIGHEDE TE OEFEN

Fisiese wetenskappe is in Graad 11 ’n uitdagende vak. As jy egter die tyd afstaan en ’n poging aanwned om seker te maak jy verstaan elke begrip ten volle, sal jy deur die eksamen vlieg. Jy sal in alle waarskynlikheid goed in Graad 12 Fisiese Wetenskappe vaar as jy tydens jou Graad 11-jaar hard gewerk het. Ace it! Fisiese Wetenskappe Graad 11 bied jou die instrumente wat jy benodig om deur die ingewikkelde begrippe te werk en dit te verstaan asook om jou kennis en vaardighede tydens die eksamen toe te pas – ’n noodsaaklike vaardigheid op hoërskool.

Eksamintors bekommer hulle dikwels oor die Fisiese Wetenskappe-leerders wat nie weet hoe om die teorie toe te pas nie en, aangesien die vak hoofsaaklik prakties van aard is, is dit belangrik dat jy oefen en oefen en oefen nadat jy die bewerkte voorbeelde bestudeer en daardeur gewerk het. Ace it! Fisiese Wetenskappe Graad 11 bied nie net die inhoud in toeganklike formaat nie, maar daar is ook ’n hele afdeling wat toegewy is aan eksamenvrae tesame met voorgestelde antwoorde. Gebruik dit om jou te help om vir die eksamen voor te berei, asook vir volgende jaar.

File Icons
File Icons
File Icons

START ACING YOUR EXAMS NOW - SELECT A PURCHASE OPTION

You will require the eduReader application to read ebooks.
You will not be able to print an ebook.


Ander Ace It! katalogusse

English (FAL)
History
Life Sciences
Lewenswetenskappe
Wiskunde
Copyright 2024 Ace it! Study Guides | Terms of service