pixel

MENU

inner page large view
See Purchase Options
Rekeningkunde Grade 11 CAPS and IEB Aligned

ALLES WAT JY NODIG HET OM IN JOU EKSAMENS UIT TE BLINK

Visuele opsommings

Diagramme, beelde en grafieke maak ingewikkelde begrippe en inligting maklik om te verstaan en te leer.

Voorbeelde van eksamenvrae

Oefening maak die meester! Raak vertroud met voorbeelde van die eksamenvrae in voorbereiding op die ware Jakob.

Nuttige riglyne vir nasienwerk

’n Begrip van die manier waarop eksamenvrae nagesien word, sal jou help om dit beter te kan beantwoord.

In lyn met CAPS en IEB

Dit maak nie saak watter skool jy bywoon nie, jy sal alles wat jy moet weet in die studiegids kry.

Revision Icon

UITSTEKENDE HERSIENINGSINSTRUMENT

Al die inhoud en vaardighede wat jy vir die eksamens benodig word uitvoerig in jou Ace It! Studiegids gedek. Jy kan teen jou eie pas en in jou tyd deur die jaar se leerplan vorder. Daar is Vinnige Vasvrae na elke afdeling om jou begrip te toets, wat jou beheer gee oor die afdelings waarop jy moet fokus.

Ace It! help jou ook om aan algemene probleemgebiede te slyp, waarvoor jou onderwyser dalk nie die tyd sal hê nie. Eerder as om die gedeeltes oor te slaan wat jy nie heeltemal snap nie, kan jy jou leerwerk self ter hand neem en Ace It! in jou eie tyd gebruik om seker te maak jy kry dit reg.

Jy kan Ace It! dwarsdeur die jaar gebruik om jou skoolhandboek en onderwyser se aantekeninge aan te vul. Andersyds kan jy dit vir hersiening voor die eksamen gebruik. Hoe jy ook al besluit om dit te gebruik, is Ace It! die enigste studiegids wat jy benodig.

TREF VOORBEREIDINGS VIR SUKSES IN GRAAD 11 en VERDER

Rekeningkunde is ’n baie praktiese vak. Ace it! Rekeningkunde Graad 11 bied talle geleenthede om jou Rekeningkunde vaardighede te oefen. Dit bou op die inhoud en vaardighede van die vorige graad en Ace it! Rekeningkunde Graad 11 bevat alles wat jy benodig asook talle geleenthede om jou vaardighede te oefen.

’n Algemene bekommernis vir eksaminators van die Matriek eksamen is dat sekere begrippe van Graad 10 en 11 nie ordentlik hersien word nie. Dit is dus vir jou belangrik om hierdie begrippe in Graad 11 onder die knie te kry ten einde hierdie en volgende jaar sukses te behaal. Hierdie begrippe sluit die verkoop van vaste bates, kontant begrotings, projekteerde inkomste state, kosteberekening en rekonsiliasiestate in. Ace it! Rekeningkunde Graad 11 sal jou help om vir Graad 11 hersiening te doen en knap en met vertroue na Graad 12 te vorder.

File Icons
File Icons
File Icons

START ACING YOUR EXAMS NOW - SELECT A PURCHASE OPTION

You will require the eduReader application to read ebooks.
You will not be able to print an ebook.


Ander Ace It! katalogusse

Business Studies
Geografie
Geskiedenis
Wiskunde
Physical Sciences
Copyright 2024 Ace it! Study Guides | Terms of service