pixel

MENU

inner page large view
See Pricing Options
Fisiese Wetenskappe Grade 12 CAPS and IEB Aligned

ALLES WAT JY NODIG HET OM IN JOU EKSAMENS UIT TE BLINK

Visuele opsommings

Diagramme, beelde en grafieke maak ingewikkelde begrippe en inligting maklik om te verstaan en te leer.

Voorbeelde van eksamenvrae

Oefening maak die meester! Raak vertroud met voorbeelde van die eksamenvrae in voorbereiding op die ware Jakob.

Nuttige riglyne vir nasienwerk

’n Begrip van die manier waarop eksamenvrae nagesien word, sal jou help om dit beter te kan beantwoord.

In lyn met CAPS en IEB

Dit maak nie saak watter skool jy bywoon nie, jy sal alles wat jy moet weet in die studiegids kry.

Revision Icon

UITSTEKENDE HERSIENINGSINSTRUMENT

Al die inhoud en vaardighede wat jy vir die eksamens benodig word uitvoerig in jou Ace It! Studiegids gedek. Jy kan teen jou eie pas en in jou tyd deur die jaar se leerplan vorder. Daar is Vinnige Vasvrae na elke afdeling om jou begrip te toets, wat jou beheer gee oor die afdelings waarop jy moet fokus.

Ace It! help jou ook om aan algemene probleemgebiede te slyp, waarvoor jou onderwyser dalk nie die tyd sal hê nie. Eerder as om die gedeeltes oor te slaan wat jy nie heeltemal snap nie, kan jy jou leerwerk self ter hand neem en Ace It! in jou eie tyd gebruik om seker te maak jy kry dit reg.

Jy kan Ace It! dwarsdeur die jaar gebruik om jou skoolhandboek en onderwyser se aantekeninge aan te vul. Andersyds kan jy dit vir hersiening voor die eksamen gebruik. Hoe jy ook al besluit om dit te gebruik, is Ace It! die enigste studiegids wat jy benodig.

DIE NUTTIGSTE VOORBEREIDINGSINSTRUMENT VIR JOU EINDEKSAMENS

Fisiese Wetenskappe (wat in Fisika en Chemie verdeel is) in Graad 12 is ’n uitdagende vak. As jy egter ’n poging aanwend om die inhoud te verstaan en oefen om die vaardighede so ver moontlik voor die eksamen toe te pas, sal jy goed vaar in die eksamen. Ace it! Fisiese Wetenskappe Graad 12 kan jou met albei hierdie hersieningstaktieke help. Die ingewikkelde inhoud word in stap vir stap verduidelikings afgebreek tesame met bewerkte voorbeelde. Definisies en begrippe wat jy vir elke afdeling benodig, word verskaf om jou aan afdelings van die vorige graad te herinner wat jy dalk sal moet hersien. Daar is ook deurgaans vinnige vasvrae om jou kennis te toets. Dit bied jou die geleentheid om te kyk of jy iets gesnap het voordat jy aangaan.

’n Hele afdeling van Ace it! Fisiese Wetenskappe Graad 12 is toegewy aan eksamenvrae met voorgestelde antwoorde. Dit is die beste hersieningsinstrument waar jy elke poging moet aanwend om dit te doen.

File Icons
File Icons
File Icons

START ACING YOUR EXAMS NOW - SELECT A PURCHASE OPTION

You will require the eduReader application to read ebooks.
You will not be able to print an ebook.


Ander Ace It! katalogusse

Afrikaans (FAL)
Business Studies
English (FAL)
Physical Sciences
Fisiese Wetenskappe
Copyright 2024 Ace it! Study Guides | Terms of service