pixel

MENU

inner page large view
See Pricing Options
Wiskunde Grade 12 CAPS and IEB Aligned

ALLES WAT JY NODIG HET OM IN JOU EKSAMENS UIT TE BLINK

Visuele opsommings

Diagramme, beelde en grafieke maak ingewikkelde begrippe en inligting maklik om te verstaan en te leer.

Voorbeelde van eksamenvrae

Oefening maak die meester! Raak vertroud met voorbeelde van die eksamenvrae in voorbereiding op die ware Jakob.

Nuttige riglyne vir nasienwerk

’n Begrip van die manier waarop eksamenvrae nagesien word, sal jou help om dit beter te kan beantwoord.

In lyn met CAPS en IEB

Dit maak nie saak watter skool jy bywoon nie, jy sal alles wat jy moet weet in die studiegids kry.

Revision Icon

UITSTEKENDE HERSIENINGSINSTRUMENT

Al die inhoud en vaardighede wat jy vir die eksamens benodig word uitvoerig in jou Ace It! Studiegids gedek. Jy kan teen jou eie pas en in jou tyd deur die jaar se leerplan vorder. Daar is Vinnige Vasvrae na elke afdeling om jou begrip te toets, wat jou beheer gee oor die afdelings waarop jy moet fokus.

Ace It! help jou ook om aan algemene probleemgebiede te slyp, waarvoor jou onderwyser dalk nie die tyd sal hê nie. Eerder as om die gedeeltes oor te slaan wat jy nie heeltemal snap nie, kan jy jou leerwerk self ter hand neem en Ace It! in jou eie tyd gebruik om seker te maak jy kry dit reg.

Jy kan Ace It! dwarsdeur die jaar gebruik om jou skoolhandboek en onderwyser se aantekeninge aan te vul. Andersyds kan jy dit vir hersiening voor die eksamen gebruik. Hoe jy ook al besluit om dit te gebruik, is Ace It! die enigste studiegids wat jy benodig.

OEFEN JOU EKSAMEN VAARDIGHEDE VIR UITSTEKENDE MATRIEK RESULTATE

’n Algemene bekommernis by eksaminators is dat die basiese vaardighede wat benodig word om Wiskunde in Graad 12 te behartig, ontbreek. Dit beteken die leerders poog om Wiskunde te doen wat te gevorderd vir hul kennis en vaardigheidsvlakke is. Jy sal oor en weer hoor dat die beste manier om Wiskunde te slaag, is deur te oefen en te oefen en te oefen. Diegene wat so sê is heeltemal reg, behalwe dat jy ook moet verstaan wat jy oefen. Dit is waar Ace it! Wiskunde Graad 12 kan hand bysit.

Tesame met talle uitgebreide beskrywings, bewerkte voorbeelde en voorbeelde van eksamenvrae, is Ace it! Wiskunde Graad 12 jou beste instrument vir verbeterde resultate in Graad 12 Wiskunde. Jy sal nie net die vaardighede kan oefen wat vir die eksamen vereis word nie, jy sal ook leer hoe om die eksamenvrae te verstaan – ’n vaardigheid wat by talle leerders ontbreek en wat vir sukses benodig word.

File Icons
File Icons
File Icons

START ACING YOUR EXAMS NOW - SELECT A PURCHASE OPTION

You will require the eduReader application to read ebooks.
You will not be able to print an ebook.


Ander Ace It! katalogusse

History
Physical Sciences
Tourism
Toerisme
Agricultural Sciences
Copyright 2024 Ace it! Study Guides | Terms of service